ESL Blogs

Stanley’s blogworld

Just another weblog

ESL Blogs home
EnglishClub.com home

Die aardbewing - 2008.5.12

Posted by stanley on May 15th, 2008

Hallo daar!

Ek skryf gou om te laat weet alles gaan goed hier. Julle het miskien al die nuus gehoor van die groot aardbewing wat ons gistermiddag hier in Sjina gehad het.

Halfdrie gistermiddag was daar ‘n reuse aardbewing in die suid-weste van die land - die skudding het 7.8 op die Richterskaal gemeet.
Selfs mense, in sommige geboue, hier in die ooste - amper 2000km ver weg - kon die skudding voel.
Ek (by die huis) en Carrie (in haar gebou waar sy werk) het niks ervaar nie, maar my kollegas in ons skool se gebou het almal die skudding gevoel en was eerste om my te vertel van die aardbewing.

In Xi’an, waar ek voorheen gebly het, het die aardskudding 5 op die Richterskaal gemeet. Die mense daar het almal ‘n groot skrik weg en het die heel nag buite hulle geboue spandeer.

Wenchuan, ‘n klein dorp in die suid-weste waar die fokus van die aardbewing was, was die ergste getref en le onder puin.
Reddingswerkers sukkel om ‘n ingang tot die dorp te kry en alle kommunikasie met die buite wereld is afgesny. Op die oomblik skat hulle dat daar alreeds ongeveer 8 500 mense in die skudding gesterf het.

Ons het vanoggend op televisie gekyk hoe reddingswerkers mense, lewendig en dood, uit die rommel grawe. Almal raak al hoe meer bewus van die geweldige omvang van die ramp - dit is nie ‘n mooi gesig nie. Ons harte gaan uit vir die mense in nood.

Ek is baie dankbaar dat ons hier veilig is, en dat ek julle daarvan kan laat weet.

Groete en liefde hier van ons kant af.

Alles van die beste

Stanley

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <code> <em> <i> <strike> <strong>